
George, Western Cape
Philna Booysen
Ons wil graag ons vriendin inskryf vir Bek ’n Buddy, omdat hierdie geleentheid vir haar ongelooflik baie sal beteken. Sy het weens ’n baie moeilike verlede in 2024 haar twee groot voortande verloor. Sedertdien is daar al menige kere probeer om die tande te herstel en te vul, maar hulle bly breek en beskadig. Sy het tans nie die finansiële vermoë om die nodige kroon of plaatjie te laat doen nie. Vir haar gaan dit nie net oor haar tande nie – dit gaan oor haar selfvertroue, haar glimlag en om weer gemaklik te voel wanneer sy lag en met mense praat. Sy probeer al lank om met die situasie saam te leef, maar dit is iets wat haar daagliks raak. Om vir haar die kans te gee om haar glimlag terug te kry, sal vir haar ’n ongelooflike nuwe begin beteken. Ons glo sy verdien die geleentheid om weer met selfvertroue te kan glimlag en nie meer skaam te voel oor iets wat sy nie self gekies het nie. Ons sal ongelooflik dankbaar wees as sy hierdie kans kan kry. ❤️
