
Polokwane, Limpopo
Lene Oosthuizen
Goeie dag Ek wil graag myself nomineer vir die geleentheid om my tande te laat regmaak. As kind was ek baie siek en was ek gereeld op antibiotika. Ongelukkig het dit my tande mettertyd baie beïnvloed. Ek het tans net 13 tande oor, waarvan 6 baie sleg beskadig is. Ek het ongelukkig nie die finansiële vermoë om my tande self te laat regmaak nie. Dit is iets wat my baie raak, veral omdat ek dikwels skaam voel om te glimlag of te praat. Ek is nie iemand wat baie woorde het nie, maar hierdie situasie het ’n groot invloed op my selfvertroue. Dit sal vir my ongelooflik baie beteken om my tande te kan laat herstel. Dit sal nie net my glimlag verander nie, maar ook vir my nuwe selfvertroue en hoop gee. Baie dankie dat julle my nominasie oorweeg.
