← Back to all buddies
Portrait of Megan Marie Stanton

Pretoria, Gauteng

Megan Marie Stanton

**Bek-a-Buddy – Nominasie: Megan Marie Stanton ❤️** Ek wil graag my vriendin, Megan Marie Stanton, nomineer. Ek en Megan ken mekaar al 14 jaar, en as daar een ding is wat ek oor haar kan sê, is dit dat sy een van daardie mense is wat altyd ander eerste sit. Sy is ’n ongelooflik mooi mens van binne, iemand wat sal help waar sy kan, gee wat sy het en enigiets vir iemand anders doen — sonder om ooit iets terug te verwag. Vir so lank as wat ek haar ken, het Megan met haar tande gesukkel. Haar tande is baie skeef, sy het al ’n tand of twee verloor en sy dra ook ’n plaatjie. Dit is iets waarmee sy al vir jare saamleef, nie omdat sy nie graag iets daaraan wou doen nie, maar omdat die geleentheid en finansiële vermoë eenvoudig nog nooit daar was nie. Megan het ook die afgelope twee jaar deur ’n baie moeilike tyd gegaan en was in die tronk weens omstandighede wat haar lewe op ’n baie donker plek gesit het. Maar ek wil hê mense moet weet: **Megan is nie haar foute of haar verlede nie.** Sy is steeds dieselfde mens wat ek al 14 jaar ken — iemand met ’n ongelooflike sagte hart, iemand wat omgee vir ander en wat, ten spyte van alles wat sy al moes deurmaak, steeds ’n pragtige mens is. Ek kan net dink wat dit vir haar sou beteken om weer met selfvertroue te kan glimlag, sonder om haar tande weg te steek of selfbewus te voel wanneer sy lag of met iemand praat. Vir Megan sou hierdie nie net nuwe tande wees nie. Dit sou vir haar ’n kans wees om weer in die spieël te kyk en trots te wees op die mens wat sy sien. ’n Kans om ’n moeilike hoofstuk agter haar te sit en met nuwe selfvertroue vorentoe te kyk. Ek glo regtig sy verdien daardie nuwe begin. ❤️ Daarom nomineer ek Megan met my hele hart vir **Bek-a-Buddy**. **More than a new smile. A new beginning.**